Polisie kry versteekte vuurwapen en ammunisie
Ses volg roete tronk toe
MISDAADTONEEL: George, Suid-Kaap: Ses mans van Tembalethu in George gaan nie weer gou die Tuinroete se asemrowende uitsig geniet nie.

Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Tuinroete-misdaadbestrydingspan het die ses in Tembalethu, Goerge gearresteer tydens ‘n anti-misdaadoperasie op Dinsdag, 28 April 2026.
Dit volg nadat die polisie inligting oor ‘n versteekte vuurwapen by ‘n woning in Nelson Mandela Boulevard, Sone 06, Thembalethu ontvang en die perseel deursoek het.
Die polisie het die perseel deursoek en ‘n 9mm-pistool en 15 rondtes ammunisie gevind. Hulle het die items gekonfiskeer en die verdagtes, tussen die ouderdomme van 27-en 35-jaar, gearresteer..
Related News
Police net drugs in Hawston
CRIME SCENE: Hawston, Overberg: The Western Cape Flying Squad has made a big drug bustRead More
Robber with fake guns arrested
CRIME SCENE: Khayelitsha, Cape Town: Police arrested a 24-year-old man at Eyadini informal settlement onRead More
