Drie mans vas ná klopjag by huis

Polisie maak dwelm-vangs on Hawston

MISDAADTONEEL: Hawston, Overberg: Die Wes-Kaapse Blitspatrollie het ‘n groot dwelm-vangs in dié klein vissersdorpie gemaak.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sê hulle het Donderdag, 27 Augustus 2026 drie mans gearresteer op klagtes van handel in dwelms ná ‘n klopjag by ‘n huis in Forbes-straat.

“Die polisie het op inligting gereageer en ‘n huis omstreeks 14:45 by bogenoemde adres deursoek. Tydens die deursoeking het hulle 800 Mandrax-tablette, 1 035 sakkies Tik, 25 rondtes ammunisie en kontant gevind. 

“”Drie verdagtes, onderskeidelik 29, 30 en 44-jaar-oud, is gearresteer vir dwelmhandel en sal in die Hermanus-landdroshof verskyn.

“Die Wes-Kaapse polisie bly daartoe verbind om dwelms uit gemeenskappe te roei,” het die SAPD gesê.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*