Kaapstad misdaad
Wilde jaagtog in Bishop Lavis eindig in arrestasies
Drie vas na skote op polisie
MISDAADTONEEL: Bishop Lavis, Kaapstad: Drie mans, wat na bewering op die polisie geskiet het tydens ‘n wilde jaagtog deur die strate van Bishop Lavis, sit in die selle.

‘n Media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC Van Wyk, het gesê lede van Operasie Lockdown 3 het Saterdagaand, 16 Mei 2026 anti-misdaad operasies in Myrtle-weg, Bishop Lavis uitgevoer.
Volgens Van Wyk het die polisie omstreeks 23:45 ‘n swart VW Polo Playa genader, maar die motor se insittendes het besluit om weg te jaag en in die proses op die polisie geskiet.
“Die lede het vining reageer en die kar agterna te sit. Die verdagtes is in Civic-weg, Matroosfontein, Elsiesrivier, vasgetrek.
“’n 9mm Glock-vuurwapen met vier rondtes ammunisie en 11 gebruikte patrone is in hul besit gevind. Alle bewysstukke, insluitend die Polo en vuurwapen, is gekonfiskeer,” het hy gesê.
Die drie insittendes, onderskeidelik 34, 36 en 42-jaar-oud, sal in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie sodra hulle aangekla is.
Nie een van die polisielede is beseer nie.
Polisie soek skieters na 3 sterf en 2 gewond word
Massa-slagting in Franschhoek
MISDAADTONEEL: Franschhoek, Kaapse Wynland: Die polisie soek na die moordenaars van drie mense wat Sondagoggend, 17 Mei 2026 in ‘n massa skietvoorval in Franschhoek vermoor is.

Volgens Brigadier Novela Potelwa van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor dui inligting daarop dat twee gewapende mans ‘n huis in Jakaranda-straat, Groendal, omstreeks 9:55 binne gegaan en verskeie skote afgevuur het. Drie mans is op die toneel dood, terwyl ‘n vrou en nog ‘n man gewond is. Die slagoffers is tussen 30 en 35-jaar-oud.
Franschhoek se polisie het moord- en poging tot moord-dossiers vir ondersoeke oopgemaak.
Volgens Potelwa het speurders van die provinsiale ernstige geweldsmisdaad-eenheid intussen die ondersoek oorgeneem. Geen arrestasies is nog gemaak nie en die motief vir die voorval word ondersoek.
Vermeende dwelm smokkelaar agter tralies
Polisie kry groot hoeveelheid dwelms
MISDAADTONEEL: Hanover Park: Die polisie het ‘n groot aantal dwelms tydens ‘n operasie in Hanover Park Vrydag 15 Mei 2026 gekonfiskeer.

‘n Mediaskakelbeampte vir die polisie in die Wes-Kaap, kaptein Frederick van Wyk, sê die taakspan teen ekonomiese misdaad was omstreeks 19:00 besig om in die gebied te patrolleer toe hulle inligting ontvang oor dwelmaktiwiteite by ‘n perseel.
“Hulle het die inligting opgevolg, die perseel deursoek en ‘n groot hoeveelheid dwelms in ‘n kas gevind.
“’n Totaal van 262 Tik-strooitjies, 177 Mandrax-tablette, 44 klein sakkies Tik, 11 klein sakkies kokaïen, 10 gram kokaïen en kontant, wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is, is gekonfiskeer,” het Van Wyk gesê.
‘n 30-jarige man is gearresteer vir die besit van en handel in dwelms.
Kind (7) gewond in skietery
Massamoord eis 4 in Wesbank
MISDAADTONEEL: Wesbank, Kaapstad: Vier mense, waarvan drie vroue, is dood en een beseer in ‘n massamoord in Wesbank Saterdagaand 16 Mei 2026.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kolonel Andrè Traut, het die polisie omstreeks 20:00 op die voorval in Strandveld-straat gereageer.
“Toe die lede daar aankom, het hulle drie volwasse vroue en een volwasse man, tussen 32 en 39 jaar oud, met skietwonde ontdek. Die slagoffers is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. ‘n Kind van 7-jaar oud is hospital toe gejaag vir behandeling.
“Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voorval moontlik bendeverwant kan wees,” het Traut gesê.
Die omstandighede rondom die skietery word tans deur die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie.
Mennse met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of gebruik die MySAPS-App annoniem.
Vuurwapen verdwyn in 2019 in Gauteng
Polisie vang 19-jarige met gesteelde pistool
MISDAADTONEEL: Grassy Park, Kaapstad: ‘n Vuurwapen wat in November 2019 in Alberton, Gauteng, gesteel is, is na bewering in die besit van ‘n 19-jarige man gevind.

Die Grassy Park polisie se goeie werk het gelei tot die arrestasie van die jongman op Donderdag 14 Mei 2026 omstreeks 06:30.
Die polisie was besig met patrollies in Duikerlaan, Lotusrivier, toe hulle ‘n man in ‘n blou baadjie en ‘n swart-en-wit broek met ‘n blou sgsak om sy nek oplet.
‘n Media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, Kaptein FC Van Wyk, sê toe die man die polisievoertuig gewaar, het hy probeer weghardloop, maar die polisie het hom vinnig ingehaal.
“Hulle het hom deursoek en ‘n Norinco .45 mm-pistool en 10 .45 mm-patrone, sowel as twee klein sakkies Tik in die sak gevind. Verdere ondersoeke het aan die lig gebring die vuurwapen is in November 2019 in Alberton as gesteel aangemeld.
“Hy is in gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie, besit van dwelms,” het Van Wyk gesê.
Ammunisie, dwelms gekonfiskeer
Sukses vir Operasie Lockdown
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verbonde aan Operasie Lockdown het twee verdagtes in afsonderlike voorvalle gearresteer. Die voorvalle het Donderdag 14 Mei 2026 en Vrydag 15 Mei 2026 plaasgevind.
Die polisie het omstreeks 17:30 in Athlone operasies uitgevoer en ‘n aantal persele deursoek. By ‘n huis in Sysamoreweg het hulle ‘n 40-jarige man met 31 Mandrax-tablette en twee halwe Mandrax-tablette in sy besit gevang.
KHAYELITSHA: Omstreeks 00:20 op Vrydag 15 Mei 2026 het die Operasie Lockdown-lede 116 rondtes ammunisie in Kamastraat, Site C, ontdek en ‘n 23-jarige vrou is gearresteer vir die onwettige besit van ammunisie.

2 sterf, 1 gewond tydens bloedige aand
Skote klap behoorlik op Kaapse Vlakte
MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Daar was verskeie skietvoorvalle op die Kaapse Vlakte Donderdagaand, 14 Mei 2026 en in die vroeë oggendure van 15 Mei 2026.
Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, kaptein FC Van Wyk, het lede van die Philippi polisie reageer op ‘n skietvoorval agter Oribi-hof, Hanover Park.

Toe hulle daar opdaag het hulle ‘n 35-jarige man in die straat voor ‘n hek aangetref. Die slagoffer is in sy maag geskiet en is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die Philippi-polisie ondersoek ‘n moordsaak.
“Die motief is vermoedelik bendeverwant,” het Van Wyk gesê.
BONTEHEUWEL: Later die aand, omstreeks 19:00, is ‘n 27-jarige man deur twee onbekende mans in sy kop en liggaam geskiet.
“Die Bishop Lavis-polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen ná ‘n skietvoorval in Camelia-straat, Bonteheuwel. Die slagoffer is per ambulans na die naaste mediese fasiliteit gehaas vir behandeling.
“Geen arrestasie is nog gemaak nie en die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.
Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111, of hulle kan die MySAPS-App gebruik.
ST. MONTAGUE VILLAGE, LAVENDER HILL: Die polisie van Steenberg het kort na middernag, Vrydag 15 Mei 2026 gereageer op ‘n klagte van ‘n skietvoorval in St Bonaventure-straat, St Montague Village.
‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse SAPD, Thembakazi Mpendukana, sê met die polisie se aankoms op die tonbeel het hulle die liggaam van ‘n 21-jarige man aangetref met skietwonde aan sy bolyf . Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.
‘n Moordsaak word ondersoek en geen arrestasie is nog uitgevoer nie, het Mpendukana gesê.
