Polisie slaan toe, konfiskeer vuurwapens
Verdagte skiet blanks
MISDAADTONEL: Bonteheuwel, Kaapstad. – Lede van die Openbare Orde Polisie het Woensdag, 18 Februarie 2026 op twee vuurwapens in Bonteheuwel beslag gelê.

Die span het inligting ontvang oor vuurwapens wat by twee adresse in Bonteheuwel versteek is. Hulle het omstreeks 02:30 die eerste huis in Turksvystraat deursoek en ‘n 9 mm-pistool met ses rondtes ammunisie gevind. Die polisie het ‘n 23-jarige ‘n vermeende bendelid in gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
By die tweede huis, in Terblansstraat, het die polisie beslag gelê op ‘n vuurwapen met ses rondtes ammunisie. Hier is ’n 26-jarige vermeende bendelid ook gearresteer vir die besit van ’n verbode vuurwapen en ammunisie.
MISDAADTONEL: Valhalla Park, Kaapstad. – Lede van Operasie Shanela II het Dinsdag 17 Februarie 2026 ‘n 33-jarige man gearresteer vir die besit van ‘n imitation vuurwapen in Jessicastraat, Valhalla Park.
Die lede was besig met ‘n operasie in die area toe hulle die verdagte gewaar. Hulle het besluit om hom te deursoek en so op die vuurwapen en agt blank rondtes ammunisie op hom gevind.
Related News
Staat vat dwelm-voertuig
IN DIE HOF: Die Kaapstadse Hooggeregshof het ‘n finale batebeslagleggingsbevel aan die Valke en dieRead More
Drug vehicle seized
IN COURT: The Cape Town High Court has granted the Hawks’ Priority Crime Specialised InvestigationRead More
