Sinnelose skietery ten sterkste veroordeel
Skurke moor baba, vroue
MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad. – ‘n Nege-maande-oue babadogtertjie en twee jong vroue is Dinsdag in nog ‘n sinnelose en gewadadige skietvoorval vermoor.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het reageer op klagtes van ‘n skietery by Sunbird Court in Bridgetown, Athlone omstreeks 22:00 Dinsdag, 17 Februarie. Die polisie het die liggame van die twee vroue van onderskeidelik 25 en 36-jaar-oud, sowel as dié van die baba, op die misdaadtoneel ontdek. Al drie is geskiet.
Twee mans is ook tydens die voorval gewond en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Volgens die polisie het drie onbekende verdagtes van die toneel gevlug. Die motief vir die aanval word steeds ondersoek.
Die SAPD het gesê hulle veroordeel die voorval en het inwoners van Athlone en die breër gemeenskap verseker alle pogings sal aangewend word om die skuldiges vas te trek en die area weer te beveilig.
Enigiemand met inligting kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of inligting anoniem verskaf via die MySAPS-mobiele app. Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid behandel word.
Related News
Verdagte skiet blanks
MISDAADTONEL: Bonteheuwel, Kaapstad. – Lede van die Openbare Orde Polisie het Woensdag, 18 Februarie 2026Read More
Raids deliver guns
CRIME SCENE: Bonteheuwel, Cape Town. – Public Order Police confiscated two firearms in Bonteheuwel onRead More
