SAPD

 
 

Lasbriewe reeds uitgereik

Polisie in Vredenburg soek dié vier

MISDAADTONEEL: Vredenburg, Weskus: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Vredenburg doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om die volgende gesoekte persone op te spoor.

Mandlawonke Hlahla (55) word gesoek vir ‘n klag van aanranding-ernstig wat hy in Oktober 2011 gepleeg het.

Xola Frank Nyanzela word gesoek vir ‘n strafbare manslag klag wat in 2016 teen hom aanhangig gemaak is.

Mandlawonke Hlahla (links) en Xola Frank
Nyanzela

Gaynore Cheryl Snell word gesoek vir bedrog wat in 2021 gepleeg is.

Charles Dindikwa word gesoek vir ‘n saak van dronkbestuur wat in 2025 teen hom aanhangig gemaak is.

Lasbriewe vir die arrestasie van diie verdagtes is reeds uitgereik.

Mense met inligting of wat weet waar die gesoekte persone hulself bevind, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, adjudant-offisier Chantelle Grundlingh, te kontak by 0798941258 of Crime Stop by 08600 10111.


No bail for Fadiel Adams - yet

NCC leader arrested

UPDATE! The leader of the National Coloured Congress and Member of Parliament ,Fadiel Adams was granted R10,000 bail in the Pinetown Magistrate’s Court, Durban on Friday, 15 May 2026.  The magistrate in the case, Gwendolyn Robertson, attached bail conditions to the ruling, including that Adams reports to the police twice a week and that he doesn’t make contact with the Political Killings Task Team (PKTT). The case was postponed to 14 August 2026.

UPDATE! NCC leader Fadiel Adams will have to wait for his bail application to be heard after the State requested a postponement in the Pinetown Magistrate’s Court on Thursday, 7 May 2026. Adams made his first appearance in the court on Thursday following his arrest on Tuesday, 5 May 2026. He is due to appear again on Wednesday, 13 May when the bail application is expected to proceed.

CRIME SCENE: Pelican Park, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) arrested the leader of the National Coloured Congress (NCC) and Member of Parliament, Fadiel Adams at the parliamentary village in Pelican Park on Tuesday afternoon, 5 May 2026.

Fadiel Adams Pic: Via Facebook

This came after the SAPS Political Killings Task Team (PKTT) had earlier on Tuesday made an appeal for Adams to hand himself over at the nearest police station. Acording to the police the matter relates to a case of fraud and defeating and or obstructing the course of justice.

The police said it was in possession of a J50 warrant of arrest for Adams.

“The warrant relates to serious allegations that he interfered with ongoing investigations into the murder of the ANC Youth League Leader, Mr Sindiso Magaqa.

“The task team discovered that Mr Adams interfered with the now convicted and sentenced hitman at a very sensitive and advanced stage of the police’s investigation.

“Police have gone through extensive efforts to locate Mr Adams, including visiting multiple addresses associated with him. Arrangements were made with his attorney to hand himself over on Monday, 4 May 2026, at the Cape Town Central Police Station, but as of now, he has not cooperated.

“Mr Adams was scheduled to appear before a KwaZulu-Natal court on Monday, but failed to do so,” read a police statement.

Adams had repeatedly before stated that he won’t be intimidated by the police.


Ou steek dwelms in wasmasjien weg

Twee vas vir Mandrax, medisyne

MISDAADTONEEL: Hanover Park, Kaapstad: Twee mans sit agter tralies nadat hulle met Mandrax en onwettige medisyne gevang is.

Volgens die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor het polisielede verbonde aan Operasie Lockdown III inligting ontvang oor ‘n huis waar dwelms verkoop is.

Die polisie het die perseel in Hanover Park-laan, Hanover Park op Sondag 10 Mei 2026 deursoek en ‘n plastieksak in ‘n wasmasjien gevind. Binne-in die sak was 900 Boss Mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R45 000. ‘n 19-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

Die polisie het verder gesê dat die lede voortgegaan om die perseel verder te deursoek en vier bokse met medisyne gevind – 80 x 100 ml bottels Astrapain-stroop en 10 x 100 ml bottels Stilpyn. ‘n 39-jarige man is in hegtenis geneem vir die besit van die onwettige mediese produkte.


Lyke bymekaar gevind

Drie mans wreed vermoor

MISDAADTONEEL: Mfuleni, Kaapstad: Drie jong mans is vanoggend wreed die Green Park-informele nedersetting in Mfuleni vermoor.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se media kantoor in Kaastad is speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad besig om die drie-dubbele moord te ondersoek nadaty die liggame van drie mans Maandagoggend, 11 Mei 2026 ontdek is.

Die polisie het omstreeks 11:00 op ‘n klag gereageer en die slagoffers by mekaar voor ‘n plakkershut gevind. Die mans, 21, 23 en 32-jaar-oud, het veelvuldige beserings opgedoen wat ooreenstem met aanranding en mes steke.

Volgens inligting, het inwoners na bewering in die vroeë oggendure ‘n geskreeu gehoor, maar die liggame is eers later ontdek. Die motief vir die aanval is nog onbekend en geen arrestasies is gemaak nie. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of gebruik die MySAPS App anoniem.


Man wil SAPS ore aansit met hondekos

Polisie byt terug

MISDAADTONEEL: Pelican Heights, Kaapstad:  ‘n Man wat na bewering probeer het om die polisie honde ore aabn te sit, het sy rieme lelik styf geloop

Die 45-jarige verdagte van Seagullweg, Pelican Heights is Dinsdagaand 5 Mei 2026 gearresteer nadat hy na bewering met ‘n klomp Mandrax pille en ‘n onwettige vuurwapen betrap is.

Die man is omstreeks 10-uur die aand deur lede van Operasie Lockdown III aangekeer nadat die polisie inligting ontvang het oor vermeende kriminele aktiwiteite by die adres.

Die polisie het die huis deursoek en die Mandrax pille gevind wat in ‘n hondekos-sak versteek was. Die polisie het ook ‘n .38 special rewolwer met 34 rondtes ammunisie in die huis gevind.


Polisie kry lasbrief, deursoek huis

Vrou vas oor vuurwapen, ammunisie

MISDAADTONEEL: Kraaifontein, Kaapstad: ‘n Jong vrou van hier is gearresteer nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n 9mm-pistool en 150 rondtes ammunisie gevind het.

Die Kraaifontein-misdaadvoorkomingseenheid het ‘n lasbrief by ‘n huis in Rigolettostraat, Scottsdene, op Sondag 3 Mei 2026 omstreeks 23:30 uitgevoer, het die Wes-Kaapse polisie in ‘n verklaring gesê.

“Hulle het ‘n 28-jarige vrou by die adres gevind en die perseel deursoek. Hulle het ‘n 9mm-pistool, 124 rondtes .45-ammunisie, 19 rondtes .38-ammunisie en nege rondtes 9mm-ammunisie gevind,” lui die verklaring.

Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.


Paar suksesse, maar bloed vloei steeds

Operasie prosper keer nie koeëls

MISDAADTONEEL: Kaapse Vlakte: Die weermag is op die grond, maar die koeëls hou aan vlieg en die bloed vloei steeds.

Sedert die weermag net meer as ‘n maand gelede getref die Kaapse Vlakte betree het, het Operasie Prosper ‘n mate van sukses behaal, maar dit het veel beteken die talle onskuldiges wat aanhou sterf het in bendegeteisterde gebiede nie.

Operasie Prosper, die gesamentlike ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Stad Kaapstad se metropolisie, verkeerspolisie en wetstoepassers om bendegeweld, afpersing en misdaad in die Wes-Kaap te bestry, het op 1 April 2026 in Mitchells Plain begin.

Van 1 tot 28 April 2026 is altesaam 23 vuurwapens, een handgranaat en 146 rondtes ammunisie gekonfiskeer. Die magte het ook dwelms ter waarde van meer as R4 miljoen en drank ter waarde van R262 426 gekonfiskeer, terwyl hulle 191 dwelmverwante arrestasies en 31 onwettige drankhandel gemaak het.

Maar die operasie het ‘n bietjie verder gegaan as net die bekamping van bendegeweld, aangesien 29 onwettige immigrante gearresteer is en perlemoen en kreef ter waarde van meer as R45 000 gekonfiskeer is.

Die ontplooiing word vir ‘n jaar beplan en sluit in patrollies, padblokkades, stop-en-deursoek-operasies, voertuigbeheerpunte, inspeksies van drank persele en kontroles vir ongedokumenteerde immigrante.

●Die inligting en foto’s in hierdie verslag is verskaf deur Kaptein Walter Kassaka, die operasionele kommunikasiebeampte by die Gesamentlike Taktiese Hoofkwartier, Wes-Kaap.


Fetus tussen vullis gekry

Werker maak gru-vonds

MISDAADTONEEL: Vrygrond, Kaapstad: Skaars ‘n dag na die ontdekking van ‘n pasgebore baba in Lotusrivier, is nog ‘n gru-ontdekking, Maandagoggend 4 Mei 2026 gemaak.

Volgens Kaptein FC van Wyk van die Wes-Kaap-polisie se mediakantoor, is die polisie na Vrygrond, naby Muizenberg, ontbied waar ‘n werker van die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) ‘n fetus tussen vullis opgemerk het.

Die baba is in ‘n drein in Lotusrivier gevind. Foto: Via WhatsApp

Die werker was besig om ‘n oop stuk veld in Vrygrondlaan met ‘n hark skoon te maak toe sy die fetus opmerk.

Die Stad Kaapstad se raadslid vir die gebied, Mandy Marr, het die voorval as ‘n absolute verwoestende en sinnelose tragedie beskryf.

“My hart gaan uit na die hele gemeenskap terwyl ons almal oor hierdie pynlike verlies treur,” het Marr via ‘n WhatsApp-groep gesê.

‘n Plaaslike gemeenskapsaktivis het die volgende op Facebook geplaas: “Nog ‘n baba gevind tussen die vullis in ons gemeenskap in Vrygrondlaan, Vrygrond. Moeders, ondersteun asseblief julle kinders gedurende hierdie tyd, of volwassenes as julle weet julle is swanger en wil nie meer die baba hê nie, praat met iemand by die kraameenheid of organisasies in julle gemeenskap. Dit kan nie aangaan nie. Babas word weggegooi omdat julle onverantwoordelik is/onbeskermde seks het. Voorbehoedmiddels is gratis vir enigiemand, jonk en oud. Daar is geen verskoning vir hierdie gedrag nie. As julle iets weet, praat uit!! Stilbly help niemand nie.”

Muizenberg-polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer. Enigiemand met inligting word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111.

●In die Lotusrivier-voorval is die liggaam van ‘n pasgebore babadogtertjie Sondagmiddag 3 Mei 2026 in ‘n stormwaterdrein in gevind. Die baba se 31-jarige ma is Saterdag 2 Mei 2026 gearresteer nadat die baba as vermis aangemeld is.Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.


Drie mans ook vas vir dwelms en vuurwapen

Vrou vas vir ‘aanval’ op polisie

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Vrou van Mitchells Plain, wat na bewering met dwelms betrap en die polisie aangeval het, is gearresteer.

Die dwelms is in Mitchells Plain gevind. Foto: SAPD

Die Mitchells Plain-polisie het vroeër inligting ontvang oor dwelms by ‘n perseel in Guavastraat, Tafelsig. Hulle het die inligting opgevolg en die vrou gearresteer toe hulle ‘n besending dagga en ‘n kontant by die perseel ontdek het.

Die 29-jarige vrou is in hegtenis geneem vir ‘n aanval op die polisie en handel in dagga en daggaprodukte.

MISDAADTONEEL: Steenberg: ‘n Geïntegreerde operasie tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) in Steenberg het gelei tot die ontdekking van ‘n 9 mm-pistool met 17 rondtes ammunisie.

Volgens die polisie in die Wes-Kaap se media kantoor is twee mans van 19-en 34-jaar-oud vir die besit van ‘n verbode vuurwapen en ammunisie gearresteer.

Volgens die polisie het die lede toe ‘n 34-jarige man in ‘n ander straat gearresteer vir die besit van dwelms, nadat  hy met twee halwe Mandrax-tablette, drie hele Mandrax-tablette en vier sakkies Tik in sy besit gevind is.


Jongman sterf oppad na vriend

Polisievrou en ma in hof oor tref-en-trap

MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: ‘n Metro polisievrou en haar ma is in die pekel nadat hulle gearresteer is vir die tref-trap-saak van ‘n 21-jarige man van Athlone, Imtiyaaz Firfery.

IMTIYAAZ FIRFERY

Die ongeluk het 18 April 2026.04 in Jan Smuts-rylaan, Crawford plaasgevind.

Die polisiebeamte, wat tydens die ongeluk afdiens was, Naeema Daniels (25), en haar ma, Nadia Daniels (54), het Dinsdag, 28 April 2026 in die Athlone-landdroshof verskyn in verband met die saak.

Naeema staan ​​tereg op, onder meer, aanklagte van versuiming om: stil te hou by ‘n ongelukstoneel; beserings en skade vas te stel; en bystand te verleen.

Haar ma, wat na bewering die passasier in die motor was, staan ​​tereg op ‘n aanklag van verydeling of belemmering van die reg.

Firfirey is die aand van 18 April 2026 as vermis aangemeld nadat hy sy huis in Athlone verlaat het om na ‘n vriend te gaan, maar nooit daar opgedaag het nie.

Later daardie aand moes die familie hom by die lykshuis gaan uitken nadat hulle gekontak is oor ‘n ongeluk op Jan Smuts-rylaan, Crawford waarin een persoon dood is.

Naeema is borgtog van R4 000 toegestaan ​​en haar ma is op waarskuwing vrygelaat. Hulle sal weer op 24 Julie 2026 verskyn.

Die polisie het intussen die voertuig gekonfiskeer vir verdere ondersoek.