Cops vang ou met vuurwapen
Terugslag vir skieter
’N MAN is in Capricorn naby Lavender Hill gearresteer vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Volgens die woordvoerder van die Muizenberg-gemeenskapspolisiëringsforum, Wayne Turner, was lede van die Muizenberg-misdaadvoorkomingseenheid omstreeks 01:00 op Maandag 22 Februarie 2026 besig met patrollies in toe hulle ’n verdagte man in Doringweg oplet.
Die polisie het die verdagte genader en deursoek en ‘n Star-vuurwapen met geen reeksnommer en 13 rondtes 9 mm-ammunisie in sy besit gevind.
Die bevelvoerder van die Muizenberg-polisie, lt.kol. Nokwanda Harmans, het sy lede se proaktiewe pogings geloof en gese hulle sal voortgaan om onvermoeid te werk om die veiligheid en sekuriteit van die Muizenberg-polisiëringsgebied te verseker.
Die verdagte, ‘n inwoner van Capricorn, is in hegtenis geneem en sal in die Muizenberg-landdroshof verskyn.”
Die GPF het in sy verklaring gesê die Muizenberg-polisie bly verbind tot patrollies en sigbare polisiëring wat daarop gemik is om onwettige vuurwapens uit gemeenskappe te verwyder en die veiligheid van alle inwoners te verseker.
Mense met inligting wat die ondersoek kan help, ksn dit anoniem indien via Crime Stop by 08600 10111 of deur die MySAPS-app.
Related News
Bust in Capricorn
A MAN was arrested in Capricorn near Lavender Hill for unlawful possession of a firearmRead More
Verdagtes vas oor vuurwapens
MISDAADTONEL: Vredenburg, Weskus. – Die polisie het toegeslaan op ‘n kar sonder nommerplate en drieRead More
