Valke
Smokkelaar kry drie jaar in die tronk
Staat vat dwelm-voertuig
IN DIE HOF: Die Kaapstadse Hooggeregshof het ‘n finale batebeslagleggingsbevel aan die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid toegestaan vir ‘n voertuig wat gebruik is om dwelms te vervoer.

Volgens ‘n mediaverklaring deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (beter bekend as die Valke) het die voorval waarin die bestuurder met dwelms gevang is, presies11 jaar gelede, op 16 Maart 2015, plaasgevind.
Die hofbevel is op 19 Februarie 2026 uitgereik en op 16 Maart 2026 aan die Valke oorhandig.
Volgens die Valke het die SA Narkotika-buro (SANAB) saam met die Paarl K9-eenheid opgetree nadat daar inligting ontvang is van ‘n voertuig wat dwelms vanaf Gauteng na Kaapstad vervoer. Die voertuig is by die Huguenot Plaza afgetrek en deursoek.
Meer as 100 Mandrax- en 10 000 ecstasy-tablette, ter waarde van meer as R6,4 miljoen, is in die voertuig, ‘n Isuzu-bakkie met versteekte kompartemente, gevind. Die bestuurder, Ruben Naicker, is in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
Hy is op 4 Februarie 2025 tot drie jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
