Borgtogaansoek eers oor ses dae

Bruin leier agter tralies

JONGSTE! NCC-leier Fadiel Adams sal vir ten minste ses dae moet wag om te hoor of hy borgtog gaan kry. Dit kom nadat die Staat Donderdag 7 Mei 2026 in die Pinetown-landdroshof ‘n uitstel vir die borgtogaansoek versoek het. Adams het Donderdag sy eerste verskyning in die hof gemaak na sy arrestasie Dinsdag 5 Mei 2026. Hy moet weer op Woensdag 13 Mei verskyn wanneer die borgtogaansoek na verwagting sal voortgaan.

MISDAADTONEEL: Pelican Park, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdagmiddag 5 Mei 2026 die leier van die National Coloured Congress (NCC) en Parlementslid, Fadiel Adams, by die parlementêre behuisingskompleks in Pelican Park gearresteer.

Fadiel Adams Foto: Via Facebook

Dit volg nadat die SAPD politieke moorde-taakspan (PKTT) vroeër Dinsdag ‘n beroep op Adams gedoen het om homself by die naaste polisiestasie oor te gee. Volgens die polisie hou die saak verband met ‘n saak van bedrog en die verydeling en/of belemmering van die regsproses.

Die polisie het gesê hulle is in besit is van ‘n J50-lasbrief vir Adams se arrestasie.

“Die lasbrief hou verband met ernstige bewerings dat hy ingemeng het met die huidige ondersoeke na die moord op die ANC-jeugligaleier, mnr. Sindiso Magaqa.

“Die taakspan het ontdek dat mnr. Adams ingemeng het met die nou veroordeelde en gevonnisde huurmoordenaar in ‘n baie sensitiewe en gevorderde stadium van die polisie se ondersoek.

“Die polisie het verskeie pogings aangewend om mnr. Adams op te spoor, insluitend die besoek van verskeie adresse wat met hom verband hou. Reëlings is met sy prokureur getref om himself Maandag 4 Mei 2026 by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie oor te gee, maar tot dusver het hy nie saamgewerk nie.

“Mnr. Adams moes Maandag voor ‘n hof in KwaZulu-Natal verskyn, maar het versuim om dit te doen,” lui ‘n polisieverklaring.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*