Een persoon dood, 2 beseer
Verdagtes vas kort ná skietery
MISDAADTONEEL: Bonteheuwel, Kaapstad: Verskeie verdagtes is gearresteer kort nadat een persoon dood geskiet en twee ander gewond is in ‘n skietvoorval Woensdagaand, 6 Mei 2026 in Bonteheuwel.

Die voorval het op die hoek van Jakkalsvlei-laan en Kiaatweg plaasgevind.
“Hierdie sinnelose daad kom nadat ons gewaarsku het oor moontlike vergeldingsvoorvalle na gisteraand se moord,” het die wyksraadslid vir Bonteheuwel, Angus McKenzie, Woensdag 6 Mei 2026 in ‘n Facebook-plasing gesê.
Op Dinsdag 5 Mei 2026 is ‘n jongman ook in Bonteheuwel doodgeskiet.
“Laat ons dit duidelik stel, die persoon wat ons vandag verloor het, was nie ‘n bendelid nie, maar ‘n onskuldige mens wat nie verdien het om ‘n slagoffer van hierdie aanhoudende siklus van geweld te word nie.”
Kort na die skietery ,het McKenzie gesê, het hulle geloofwaardige inligting van inwoners en ooggetuies via sy tip-off lyn ontvang.
“Daardie inligting is onmiddellik aan ons veiligheids- en sekuriteitspanne op die grond oorgedra. Hulle het binne minute opgetree. Die verdagtes se voertuig is geïdentifiseer, voorgekeer en deursoek.”
McKenzie het in sy Facebook-plasing gesê ‘n vuurwapen met ammunisie is gevind en verskeie verdagtes, wat aan die verskafde beskrywings voldoen, is aangekeer. Die verdagtes is gearresteer en is na die Bishop Lavis-polisiestasie geneem.
“Vanaand treur ons die verlies van ‘n onskuldige lewe. Gisteraand het ons ook ‘n lewe weens bendegeweld verloor. Maar te midde van hierdie pyn het die krag van die gemeenskap derugekom.”
McKenzie het bevestig die voertuig wat in Woensdagaand se skietery gebruik is, is ‘n paar dae gelede in Bridgetown, Athlone, gekaap.
Die verdagtes het die gekaapte motor se nommerplate verander.
Related News
Quick arrests after murder
CRIME SCENE: Bonteheuwel, Cape Town: Swift action by the community and law enforcement saw aRead More
Polisie byt terug
MISDAADTONEEL: Pelican Heights, Kaapstad: ‘n Man wat na bewering probeer het om die polisie hondeRead More
