Thursday, May 7th, 2026

 

Vermiste vrou se liggaam in begraafplaas gevind

Soektog na ma eindig tragies

JONGSTE! Die Wes-Kaapse polisie het bevestig ‘n verdagte is in verband met die moord op die 37-jarige Janine Hopley gearresteer.

‘n Media woordvoerder, kaptein FC van Wyk, het gesê die verdagte sal Maandag 11 Mei 2026 in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Van Wyk het gesê volgens berigte is die oorledene Vrydag 1 Mei 2026 deur haar kêrel as vermis aangemeld, en ‘n ondersoek is begin.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word vriendelik versoek om die Caledon SAPD-takbevelvoerder, lt. kol. T Xulubana, te kontak op 082 778 7367.

MISDAADTONEEL: Caledon, Overberg: Die soektog na die vermiste Janine Hopley van Caledon het tragies geëindig.

Janine Hopley (inset) se liggaam word in die forensiese lykswa gelaai. Foto: Transoverberg nuus Via Facebook

Hopley, wat sedert verlede week vermis word, se liggaam is Donderdag, 7 Mei in die Caledon begraafplaas gevind.

Hopley, ‘n ma van twee, se familie was by die begraafplaas om die liggaam te identifiseer en is deur gemeenskapslede op die toneel getroos.

CSR het ‘n versoek om kommentaar na die polisie gestuur en wag nog op terugvoering. Die omstandighede rondom haar dood word nog ondesoek en meer besonderhede volg sodra dit beskikbaar is.


Vier wou winkel na bewering indoen

‘Bedrog-sindikaat’ oopgevlek

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Uiters oplettende kassier het daartoe gelei dat vier vermeende bedrieërs agter tralies beland.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Wes-Kaapse mediakantoor het die verdagtes probeer om bedrog te pleeg by ‘n hardewarewinkel by ‘n winkelsentrum in Lentegeur, Mitchells Plain, op Woensdag 6 Mei 2026.

Volgens die polisie het twee verdagtes een item ter waarde van R600 gekoop. Hulle later teruggekom met ‘n slip wat beweer hulle het 41 items gekoop.

Die kassier het die opgemerk iets is nie pluis op die slip nie en die Lentegeur-polisie onmiddellik in kennis gestel. Die verdagtes en twee ander het probeer vlug, maar hulle is by ‘n vulstasie deur lede van die Wes-Kaapse blitspatrollie onderskep en vir bedrog gearresteer.

Die ondersoek na die verdagtes se modus operandi en moontlike verband met soortgelyke sake duur voort. Die arrestasie volg op soortgelyke voorvalle by hardewarewinkels regoor die provinsie hierdie jaar en daar bestaan ‘n moontlikheid die vier deel is van ‘n sindikaat.


Four cannot evade Flying Squad

Alleged hardware fraudsters caught

CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Four members of an alleged hardware fraud syndicate are behind bars.

According to the South African Police Service (SAPS) Western Cape media office, the four men attempted to defraud a hardware store at a shopping mall in Lentegeur, Mitchells Plainb on Wednesday 06 May 2026.

Two male suspects went to the hardware store and purchased one item worth R600. According to the police they later came back with a fraudulent till slip claiming that they had purchased 41 items.

The cashier spotted the discrepancy and immediately notified Lentegeur Police. The suspects and two others attempted to flee but they were intercepted at a petrol station by members of the Western Cape Flying Squad and arrested for fraud.

The investigation is continuing into the suspects’ alleged modus operandi and possible link to other cases. The arrest follows prior reports of similar incidents at hardware stores around the province in the past year.