Kaapstad

 
 

Smokkelaar kry drie jaar in die tronk

Staat vat dwelm-voertuig

IN DIE HOF: Die Kaapstadse Hooggeregshof het ‘n finale batebeslagleggingsbevel aan die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid toegestaan ​​vir ‘n voertuig wat gebruik is om dwelms te vervoer.

Volgens ‘n mediaverklaring deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (beter bekend as die Valke) het die voorval waarin die bestuurder met dwelms gevang is, presies11 jaar gelede, op 16 Maart 2015, plaasgevind.

Die hofbevel is op 19 Februarie 2026 uitgereik en op 16 Maart 2026 aan die Valke oorhandig.

Volgens die Valke het die SA Narkotika-buro (SANAB) saam met die Paarl K9-eenheid opgetree nadat daar inligting ontvang is van ‘n voertuig wat dwelms vanaf Gauteng na Kaapstad vervoer. Die voertuig is by die Huguenot Plaza afgetrek en deursoek.

Meer as 100 Mandrax- en 10 000 ecstasy-tablette, ter waarde van meer as R6,4 miljoen, is in die voertuig, ‘n Isuzu-bakkie met versteekte kompartemente, gevind. Die bestuurder, Ruben Naicker, is in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Hy is op 4 Februarie 2025 tot drie jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.


Leerder in taxi doodgeskiet

Tragedie by skool

MISDAADTONEEL: Atlantis, Kaapstad. – ’n Graad 8-leerder en ’n taxibestuurder is Woensdagmiddag, 25 Februarie buite die Atlantis Sekondêre Skool doodgeskiet.

Die leerder was 14 jaar oud en die taxibestuurder 42.

Twee ander leerders is gewond en hospitaal toe geneem. Een van hulle is sedertdien uit die hospitaal ontslaan en die ander is stabiel. Die taxi was besig om leerders van die skool af huis toe te vervoer toe gewapende mans toeslaan.

In ‘n brief wat aan die ouers en voogde van Atlantis Sekondêre Skool gerig is, het die skoolhoof, mev. MJ Adonis, gesê dit is ‘n sensitiewe tyd vir almal wat aan die skool en die gemeenskap verbonde is.

Adonis het bevestig ‘n graad 8-meisie is dood, maar het mense gevra om nie te spekuleer nie. Sy het gesê die voorval is nie bendeverwant nie.

Die tragiese dood van die twee by die skool volg minder as 24-uur nadat twee mans by die Witsand-taxistaanplek, ook in Atlantis, doodgeskiet is. Hierdie voorval het op Dinsdag 24 Februarie 2026 om ongeveer 18:00 plaasgevind.

Enigiemand met inligting oor boegnoemde of enige misdaad kan Crime Stop by 08600 10111 kontak of inligting anoniem via die MySAPS app indien. Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.

JONGSTE VERWIKKELING: Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad bied ‘n beloning van tot R100 000 aan vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en vervolgin van diegene wat verantwoordelik is vir die voortslepende taxi-verwante moorde in Atlantis.

“Ons staan ​​saam met die vredeliewende inwoners van Atlantis wat nie moet ly weens die interne gevegte tussen taxibase nie. Ons treur diep saam met die families van die slagoffers, insluitend die 14-jarige graad 8-leerder wat op 25 Februarie 2026 tragies doodgeskiet is.

“Ek het die hulp van die Stad se veiligheids- en sekuriteitsondersoekeenheid aangebied om die ondersoek na die skietery in Atlantis te ondersteun.,” het JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit.

Anonieme wenke word aangemoedig: Skakel 24/7: 0800 00 6992 of pos: SSIMS.SSIUReporting@capetown.gov.zae


Skieters vlug gou van toneel

Talle afgemaai

MISDAADTONEL: Milnerton, Kaapstad. – Twee mans en ‘n vrou in die vroeë oggendure van Maandag 23 Februarie 2026 koeelbloedig by die Ekuphumleni informele nedersetting in Du Noon, Milnerton, doodgeskiet.

Die slagoffers is voor ‘n shack geskiet volgens verlsae vanaf dioe toneel. Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir ernstige geweldsmisdade is op soek na die moordenaars wat van die toneel gevlug.

Maandag se voorval volg kort op die hakke van die moord op drie mense op Saterdag, 23 Februarie 2026 in die Joe Slovo informele nedersetting, ook in Milnerton. Die drie is ook geskiet.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die polisie te kontak by 08600 10111 of via die MySAPS App.

MISDAADTONEL: Marikana, Kaapstad. – Die verdagte wat gearresteer is vir die massaskietery in Marikana waarin nege mense op 17 Januarie 2026 dood is, sal volgende maand weer in die hof verskyn.

Nkcubeko Libala (21) is in die vroeë oggendure van Vrydag, 20 Februarie 2026, by sy woning in Lower Crossroads, Philippi, deur speurders van die eenheid vir ernstige geweldsmisdade gearresteer.

Hy het Maandag, 23 Februarie 2026 in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn waar die saak tot 2 Maart 2026 vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die beskuldigde bly in aanhouding terwyl speurders op soek is na nog verdagtes.