Meer as R800 000 se waarde in huis gekry

Vrou (55) met klomp dwelms gevang

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n 55-jarige vrou van Tafelsig is gearresteer vir die besit van dwelms ter waarde van meer as R800 000.

Radio 786 berig die vrou van Mitchells Plain is gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het rakende dwelms wat by ‘n huis in Winterhoek-straat, Tafelsig, verkoop word.

Hulle het die perseel Donderdagaand 6 Augustus deursoek en dwelms ter waarde van R882 000 gevind. Die voorraad het bestaan ​​uit 4.4 g Tik, 279 g rock kokaiïen, meer as 1 170 Mandrax-tablette en 4 000 Alprazolam-tablette.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*