Stiefpa vas ná kind se bebloede liggaam gevind is

Seuntjie (4) wreed vermoor

MISDAADTONEEL: Malebogo, Vrystaat: Die liggaam van ‘n vierjarige seuntjie is  Maandag 10 Augustus 2026 by Old Cemetery, Malebogo gevind nadat hy wreed vermoor is.

Malebgo is langs Hertzogville naby Welkom in die Vrystaat geleë.

Die seun se 24-jarige stiefpa is intussen gearresteer en sal Dinsdag, 11 Augustus 2026 sy eerste verskyning in die Hertzogville-landdroshof maak op ‘n aanklag van moord.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Hertzogville polisie op 10 Augustus, 2026 na die misdaadtoneel by Old Cemetery gegaan, waar hulle op die liggaam van die kind, met ernstige kopbeserings en in komberse en gordyne toegedraai, afegkom.

Kenners van die plaaslike strafrekordsentrum in Welkom is ontbied om die toneel te verwerk.

‘n Saak van moord is by die Hertzogville polisie geopen, en ‘n voorlopige ondersoek is begin.

Die polisie het die seun se huis in Malebogo besoek waar hulle bloedbevlekte dele van die komberse en gordyne gevind het, asook klere wat vermoedelik aan die kind behoort.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*