Dwelms en vuurwapens gekonfiskeer, 9 in arres
Operasie Prosper bring pyn in Delft
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: Operasie Prosper het pyn vir verskeie verdagtes in Delft-Suid en Roosendal gebring toe die polisie nege mense gearresteer en ‘n klomp dwelms en vuurwapens gekonfiskeer het.

Die arrestasies het tussen Dinsdag 19 Mei en Woensdag 20 Mei 2026 plaasgevind.
Dinsdag het die lede ‘n 25-jarige vrou in Cessna-straat gearresteer vir die besit van 29g Tik. Hulle het toe na Heinkel-straat gegaan en omstreeks 23:10 ‘n 29-jarige man in besit van 11 rondtes ammunisie gevind, en hy is in hegtenis geneem.
Die operasie het omstreeks 23:20 in Nielson-straat voortgegaan waar die lede ‘n tienerseun en -meisie, beide 18-jaar-oud, voorgekeer en deursoek het. Drie sakkies Tik, sewe Mandrax-tablette en sewe Ecstasy-tablette is in hul besit gevind. Albei is in gearresteer.
Twee vroue, onderskeidelik 30 en 31-jaar oud, is in Auber-straat gearresteer nadat die polisie 13.5g en 11 sakkies Tik in hul besit gevind het. In ‘n aparte voorval, in dieselfde straat omstreeks 23:45, is ‘n 34-jarige man gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
‘n Ander man van 30-jaar-oud is omstreeks 23:50 in Aandblom-straat gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Die laaste arrestasie het Woensdagoggend omstreeks 01:30 geskied toe ‘n 34-jarige man in dieselfde straat in hegtenis geneem is nadat hy met 57.8g Tik, 224 Mandrax-tablette en ‘n onbekende bedrag kontant gevind is. Hy staan tereg op ‘n aanklag van dwelmhandel.
▪Operasie Prosper is op 1 April 2026 van stapel gestuur. Dit verteenwoordig ‘n gekoördineerde en beslissende reaksie deur wetstoepassing en verdedigingstrukture om kriminele aktiwiteite te ontwrig, onwettige vuurwapens uit sirkulasie te verwyder en ‘n veiliger omgewing vir inwoners te versterk.
Related News
Public urged to speak-up after murder
CRIME SCENE: Cafda Village, Cape Town: The police have urged the community to come forwardRead More
Man sterf in straat ná kopskoot
MISDAADTONEEL: Cafda Village, Kaapstad: ‘n Man is Woensdagmiddag, 20 Mei 2026 deur die kop geskietRead More
