Eienaar staar klagte in die gesig
Krokodille by huis gevind
MISDAADTONEEL: Springs, Oos-Rand: Wetstoepassers het Maandag, 25 Mei 2026 twee lewendige krokodille uit ‘n huis in Springs verwyder.

Lede van die Tshwane K9-eenheid, die Gautengse departement van omgewingsake, die Vereeniging-veediefstal- en bedreigde spesies-eenheid, die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital en die Springs dierebeskermingsvereniging (DBV) was betrokke by die reddingsoperasie nadat hulle inligting ontvang het dat twee skilpaaie en twee krokodille na bewering sonder die vereiste permitte by die plek aangehou word.
‘n Aansoek om ‘n lasbrief om die eiendom te betree en deursoek is deur die Springs-landdroshof goedgekeur .
Die eienaar was egter nie teenwoordig nie en ‘n vermeende bestuurder van sy maatskappy het lede van die operasie deur die plek geneem.
Binne was ‘n swart staalhok van ongeveer 5.6 meter by 1.8-meter ontdek, met twee Nyl-krokodille en ‘n klein “splash” swembad binne.
Die twee krokodille was onderskeidelik 1.48-meter en 1.7-meter in lengte en is na bewering vir meer as twee jaar daar aangehou. Geen skilpaaie is egter gevind nie.
Die krokodille is gekonfiskeer en aan die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital oorhandig vir behandeling.
‘n Saak is by die SA Polisiediens te Springs aanhangig gemaak en die eienaar staar ‘n klagte van die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteitswet vir die aanhou van bedreigde of beskermde spesies sonder ‘n permit in die gesig.
Persone wat van voorneme is om enige vorm van eksotiese troeteldiere of wildlewe aan te hou, word aangemoedig om hulself vertroud te maak met die wette wat spesifieke spesies beskerm en reguleer.
Related News
Tragies einde vir tiener
MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: ‘n Tienerseun se lewe het Woensdagoggend 27 Mei 2026 in Lotusrivier totRead More
Teenager killed in shooting
CRIME SCENE: Lotus River, Cape Town: A 15-year-old boy was shot and killed in LotusRead More
