Polisie te blitsvinnig vir 'rowers'
Pistool van Gauteng in Ottery gevind
MISDAADTONEEL: Ottery, Kaapstad: ‘n Vuurwapen wat in 2022 in Germiston, Gauteng as verlore aangegee is, is Maandag 1 Junie 2026 in Ottery teruggevind.

Lede van die Suid Afrikaans polisiediens (SAPD) se blitspatrollie van Maitland, Kaapstad was besig met patrollies naby die Ottery-woonstelle, toe hulle ‘n verdagte man met ‘n oranje top opmerk.
Hy het probeer vlug, maar lede was te blitsig en hy is in Daniel-laan gearresteer.
“Die lede het die verdagte deursoek en ‘n 9 mm-pistool met 28 rondtes ammunisie gekonfiskeer. Die vuurwapen is in Junie 2022 by die Elsburg, Germiston SAPD as verlore aangemeld.
“Die man, wat met bendes betrokke is, is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, die besit van ammunisie en die besit van gesteelde eiendom,” het konstabel Ndakhe Gwala van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor gesê.
Lansdowne: Vier vermeende gewapende roofverdagtes is agter tralies na die vinnige ingryping van die Maitland-blitspatrollie.
Die blitspatrollie het Maandag, 1 Junie 2026 gereageer op ‘n sakeroof in Lansdowne.
Omstreeks 22:00 het hulle ‘n voertuig opgemerk wat ooreenstem met die beskrywing van die voertuig wat na bewering in die rooftog gebruik is.
Die polisie het daarin geslaag om die voertuig te stop. Daar was drie verdagtes binne, wat die polisie op hul beurt na ‘n vierde verdagte gelei het, waar 13 spoedpunt masjiene, 10 selfone, een gas-rewolwer, ‘n pistool en kontant ontdek is.
Related News
High drama as hostage rescued
CRIME SCENE: Summer Greens, Cape Town: A police search that started in Summer Greens nearRead More
Polisie waarsku betogers teen geweld
MISDAADTONEEL: Mosselbaai, Suid-Kaap: Polisie versterkings is hier ontplooi om kalmte en orde in die gebiedRead More
