Twee Mosambiekers in hul land gevang
Deurbraak in Kruger-moorde
MOORDTONEEL: Krugerwildtuin, Limpopo: Die polisie het ‘n deurbraak gemaak in die wrede moord op die Mosselbaaise-egpaar Ernst (71) en Dina Marais (73).

Die paartjie se liggame is op 22 Mei 2026 by Crooks Corner in die Krugerwildtuin ontdek.
Gekoördineerde ondersoeke oor die grenslyn deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Mosambiekse wetstoepassingsowerhede, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) en ander rolspelers, het daartoe gelei dat twee Mosambiekse burgers van 32 en 33-jaar-oud in Mosambiek gearresteer is.
Volgens die polisie word albei positief met die misdaad verbind.
Die slagoffers se gesteelde voertuig, ‘n Ford Ranger-dubbelkajuit, is op 26 Mei 2026 in Chókwè, Mosambiek, teruggevind. Dít het direk gelei tot die arrestasie van die eerste verdagte in Chókwè op Maandag, 1 Junie 2026. Die tweede verdagte is Dinsdag ,2 Junie 2026 in Xai-Xai-stad, Gaza-provinsie, gearresteer.
Die Marais-egpaar is as vermis aangemeld nadat hulle laas op Woensdag 20 Mei 2026 by die Pafuri-piekniekterrein in die Krugerwildtuin gesien is. ‘n Soektog is van stapel gestuur.
Op Donderdag 21 Mei 2026 is hul liggame naby Crooks Corner by die kruising van die Levubu- en Limpopo-riviere ontdek. Voorlopige ondersoeke het gewys beide slagoffers het veelvuldige steekwonde opgedoen.
Hulle voertuig is ook as vermis aangemeld.
Die verdagtes staan tereg op twee aanklagte van moord en kaping.
Die provinsiale kommissaris van Limpopo polisie, luitenant-generaal Thembi Hadebe, het die provinsiale ondersoekbeamptes en almal betrokke by die ondersoek geprys vir hul toewyding om te verseker geregtigheid sal geskied.
Related News
Two arrested for Kruger Park murders
MURDER SCENE: Kruger National Park, Limpopo: Police here have made a breakthrough in the brutalRead More
Twee sterf in taxi-geweld
MISDAADTONEEL: Masiphumelele, Kaapstad: Twee mense is vanoggend, Woensdag 3 Junie 2026, hier doodgeskiet. Speurders vanRead More
