Hawks arresteer beide mans in hof
Twee vas vir mensehandel
MISDAADTONEEL: Kaapstad: Die Valke se ekonomiese beskermde-hulpbronne-eenheid in Bellville, saam met die Stad Kaapstad se veiligheid en sekuriteit-inligtingdiens (SSIMS), het ‘n deurbraak gemaak in drie mensehandel misdade.

Al drie sake behels slagoffers wat onder valse voorwendsels van werksaanbiedinge gelok is en hul reisdokumente wat dan met hul aankoms weggevat word, het Valke-woordvoerder, adjudant-offisier Zinzi Hani, gesê.
“Twee vermeende werwers van 38 en 42-jaar oud is afsonderlik gearresteer. Een is gevat terwyl hy in ‘n dwelmverwante saak verskyn het. Die ander verdagte is gearresteer toe hy binne die hofgebou gesien is.
“Lasbriewe vir arrestasie is teen beide verdagtes uitgereik.
“John Chukwologha (42) het onmiddellik na sy arrestasie verskyn vir twee verskillende mensehandel-sake. Die saak is tot 25 Junie 2026 uitgestel vir borgtoginligting,” het Hani gesê.
Die tweede verdagte, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, sal sy eerste hofverskyning op 22 Junie 2026 maak.
Related News
Man vas oor onwettige medisyne
MISDAADTONEEL: Vrygrond, Kaapstad: ‘n 22-jarige man is gearresteer vir die besit van voorgeskrewe medikasie enRead More
Man busted for outdated medicine
CRIME SCENE: Vrygrond, Cape Town: A 22-year-old man has been arrested for possession of prescribedRead More
