Polisie te wakker vir verdagtes

Twee vas oor aanvalsgewere

MISDAADTONEEL: Jakes Gerwel-rylaan, Kaapstad: Twee mans is gearresteer nadat op-en-wakker lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) drie outomatiese aanvalsgewere in hul besit gevind het.

Die ontdekking van die wapens het gekom toe lede van die Wes-Kaapse Nasionale Intervensie-eenheid (NIU) Donderdag 25 Junie 2026 teen onluste by die Siqalo-informele nedersetting naby Mitchells Plain ontplooi is .

“Terwyl hulle in Jakes Gerwel-rylaan gepatrolleer het, het hulle ‘n verdagte rooi Fiat Uno gewaar en sy bewegings fyn dopgehou. Omstreeks 12:15 het die voertuig voor ‘n winkelsentrum stilgehou en die lede het dit genader. Hulle het opgemerk dat die lisensieskyfie al in 2023 verval het en die voertuig is toe deursoek.

“Hulle het ‘n groot wit sak in die kattebak gevind met drie vol-outomatiese aanvalsgewere. Die motor se twee insittendes van 32 en 45-jaar-oud is op die toneel gearresteer vir die besit van verbode vuurwapens,” het die SAPD gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*