Man in arres ná polisie toeslaan
Hawks kry pistool, ammunisie
MISDAADTONEEL: Mosselbaai, Suid-Kaap: Die Valke se Georganiseerde-ondersoekspan teen ernstige misdaad in George en Vispol in KwaNonqaba, het ‘n 48-jarige man gearresteer vire die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die Valke se woordvoerder, adjudant-offisier Zinzi Hani, het gesê die man is in besit van ‘n ongelisensieerde pistool, twee magasyne met meer as 554 rondtes, een haelgeweerpatroon en 42 geweerpatrone gevind.
Die verdagte sal vandag, 2 Julie 2026, in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
“Sy arrestasie volg op ‘n operasie wat daarop gemik was om ongelisensieerde vuurwapens uit die kloue van misdadigers te kry,” het Zinzi gesê.
Related News
Valke slaan toe op korrupsie
MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: ‘n Man is gearresteer nadat hy na bewering gepoog het om ‘nRead More
Hawks halt bike corruption
CRIME SCENE: Bellville, Cape Town: A man has been arrested for attempting to bribe aRead More
