Slagoffers sterf in hospitaal
Afpersers skiet twee dood
MISDAADTONEEL: Langrug, Franschhoek: Speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige geweldsmisdaad ondersoek twee aanklagte van moord na ‘n skietery by ‘n spaza-winkel hier.

Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê die voorval het Maandagaand, 13 Julie 2026 in Lavender-straat, Langrug, plaasgevind.
“Franschhoek-polisie het omstreeks 19:30 op berigte van ‘n skietery gereageer en met hul aankoms het hulle twee volwasse mans gevind wat skietwonde opgedoen het. Hulle is na ‘n mediese fasiliteit vervoer vir behandeling, maar het dit nie gemaak nie.
“Afpersing blyk die motief vir die skietery te wees en geen verdagtes gearresteer nie. Enigiemand met inligting oor die voorval word vriendelik versoek om die tolvrye nommer vir afpersing by 0800 31 44 44 te kontak,” het Gwala gesê.
Related News
Cops crack down on gangs and guns
CRIME SCENE: Cape Town: The South African Police Service’s (SAPS) crackdown on gangs, drugs andRead More
Cop killers get life behind bars
FROM THE COURTS: Three police killers will spend the rest of their lives behind bars.Read More
