Kaapstad se Metropolisie speel gou
Vyf ure ná rooftog vas
MISDAADTONEEL: Strand, Helderberg: Vyf mans is gearresteer kort nadat hulle na bewering betrokke was by ‘n gewapende roof.

Volgens die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, het die rooftog vroeg Maandagaand, 13 Julie 2026, by ‘n sakeperseel in Strand plaasgevind. Ongeveer R10 000 is in die rooftog gebuit.
“Omstreeks 20:00 het lede van die Metropolisie se Taktiese Reaksie-eenheid (TRE) patrollies in Nyanga uitgevoer toe hulle die voertuig wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, opgemerk het.
“Nadat die voertuig onderskep is, het lede die insittende ondervra en inligting ingesamel wat hulle na ‘n perseel in Delft gelei het, Daar het hulle nog vier verdagtes gearresteer,” het Smith gesê.
Die beamptes het die gesteelde eiendom sowel as die vuurwapen wat vermoedelik in die rooftog gebruik is, gekonfiskeer.
Volgens Smith is daar vasgestel die vuurwapen is vroeër by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Kwazulu-Natal vir veilige bewaring ingehandig.
“Elke dag demonstreer ons lede hulle het die vaardighede, ervaring en vasberadenheid om ernstige misdade te ondersoek en werklike resultate te lewer.
“As die Metropolisie toegelaat word om sake te ondersoek, dossiere oop te maak en saam met SAPD-ondersoekers te werk, sal dit die strafregstelsel versterk, skuldigbevindingsyfers verhoog en help om gevaarlike misdadigers uit ons gemeenskappe te verwyder,” het Smith gesê.
Related News
Deurbraak in Wesbank-skietery
JONGSTE! Speurders van die anti-bende-eenheid, wat reg deur die bank werk sedert ‘n noodlottige skietvoorvalRead More
Arrest in Wesbank mass shooting
UPDATE! Anti-Gang-Unit detectives, who have been working around the clock since a fatal shooting incidentRead More
