Maak 3 arrestasies en kry 500 perlemoen
Stad se polisie duik stropers plat
MISDAADTONEEL: Kampsbaai, Kaapstad: Drie vermeende stropers is gearresteer en meer as 500 perlemoen is hier gekonfiskeer.

Kaapstad se Metropolisie en Verkeersdienste het in die vroeë oggendure van Dinsdagoggend, 14 Julie 2026, gereageer op inligting en twee voertuie onderskep wat na bewering betrokke was by georganiseerde perlemoen stropery langs die kus in Victoria-weg, Kampsbaai.
Volgens die Stad se Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, is mariene stropery veel meer as net ‘n omgewingsmisdaad.
“Dit is ‘n gesofistikeerde georganiseerde onderneming wat al dekades lank miljoene rande vir kriminele sindikate genereer.
“Die Stad Kaapstad het hierdie skakels al jare gelede geïdentifiseer en daarom het ons ‘n toegewyde Mariene Eenheid gestig om stropery te takel,” het Smith gesê.
Behalwe die arrestasies en gekonfiskeerde perlemoen, is twee voertuie ook tydens die operasie in Kampsbaai gekonfiskeer.
Related News
Deurbraak in Wesbank-skietery
JONGSTE! Speurders van die anti-bende-eenheid, wat reg deur die bank werk sedert ‘n noodlottige skietvoorvalRead More
Arrest in Wesbank mass shooting
UPDATE! Anti-Gang-Unit detectives, who have been working around the clock since a fatal shooting incidentRead More
