Man sterf, drie, insluitend kleuter, gewond

Bloedbad by gedenkdiens

MISDAADTONEEL: Retreat, Kaapstad: Vier mense, insluitend ‘n kleuter, is by ‘n gedenkdiens hier geskiet.

Konstabel Ndakhe Gwala, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, het die voorval bevestig en gesê die Steenberg-polisie het ‘n saak van moord en drie aanklagte van poging tot moord geregistreer.

Die slagoffers was deel van ‘n groep wat ‘n gedenkdiens op ‘n oop veld in Beethoven-straat, Retreat, op Woensdagaand, 15 Julie 2026 bygewoon het.

“Volgens berigte was die slagoffers besig om die diens omstreeks 20:40 te verlaat toe ‘n wit Mercedes Benz AMG met ‘n swart dak daar stilhou.

“Vyf verdagtes het uit die voertuig geklim en op die mense geskiet. ‘n 24-jarige man is noodlottig gewond, terwyl drie slagoffers van drie, 18 en 40-jaar-oud gewond is.

“Die motief vir die skietery word ondersoek en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie,” het Gwala gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*