Polisie bestuur prys lid se optrede
Eerlike polisieman laat vrou sit
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Wes-Kaap het ‘n polisieman geprys nadat sy optrede gelei het tot die arrestasie van ‘n vrou vir omkopery en dwelms.

Volgens die SAPD het die lid van die Mitchells Plain Misdaadvoorkomingseenheid Woensdag, 15 Julie 2026 ‘n oproep ontvang van ‘n bendeleier wat tans ‘n vonnis in die Pollsmoor-gevangenis uitdien.
“Die bendeleier het versoek dat die lid dwelms by sy vrou afhaal en aan ‘n gevangene oorhandig wat in die Mitchells Plain-streeskhof verskyn. Hy het die lid ‘n kontantbetaling.
“Die lid het na die adres in Otland-straat, Westridge, gegaan. Met aankoms het die vrou hom ‘n pakkie met dagga, twee gram Tik, twee messe, vier sigaret aanstekers, ‘n pakkie sigarette en kontant oorhandig. Die 32-jarige vrou is onmiddellik in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en omkopery.
“Ons prys die lid, wat die hoogste vlak van integriteit getoon het terwyl hy sy pliste uitgevoer het,” het die SAPD gesê.
Wesbank: Lede van die Mfuleni Misdaadvoorkomingseenheid het drie mans gearresteer vir die besit van ‘n verbode vuurwapen by Walmer Crescent, Wesbank.
Volgens die SAPD het hulle op inligting gereageer en die perseel deursoek. Drie mans is binne die huis gevind. Die polisie het ‘n 9 mm-pistool sonder reeksnommer en 14 rondtes ammunisie onder ‘n matras gevind en gekonfiskeer.
Related News
SAPS commend honest cop
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: The management of the South African Police Service inRead More
Vrou (22) vas oor klomp dwelms
MISDAADTONEEL: Belhar, Kaapstad: Die polisie het ‘n 22-vrou hier gearresteer vir die besit van ‘nRead More
