Gesamentlik polisie-operasies bring sukses

Vier vas vir Franschhoek moorde

MISDAADTONEEL: Langrug, Franschhoek: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vier verdagtes gearresteer ná ‘n noodlottige skietery vroeër hierdie week.

Volgens die SAPD het verskeie polisie-eenhede in die Wes-Kaap met die Franschhoek-polisie saamgewerk om verdagtes op te spoor wat verbind word met afpersing en afpersingsverwante moorde in die gebied.

Die operasie is in Langrug uitgevoer waar vier verdagtes, tussen 21 en 30-jaaroud, gearresteer en ‘n 9 mm-pistool met 10 rondtes ammunisie gekonfiskeer is.

Die verdagtes sal hulle eerste verskyning op Maandag 20 Julie 2026 in die Paarl-landdroshof maak.

Lees ook: Afpersers skiet twee dood – Crime Scene Report






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*