Polisie kry 26 000 Mandrax tablette in George

Dwelmhandel kry bloedneus

MISDAADTONEEL: George, Suid-Kaap: Die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hard teen dwelmhandel geslaan toe hulle dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R1,3 miljoen tydens ‘n klopjag in Conville (Lawaaikamp) gekonfiskeer het.

Volgens die SAPD het die Conville Misdaad-voorkomingseenheid, in samewerking met die Outeniqua K9-eenheid Woensdag 5 Augustus 2026 omstreeks 15:00 inligting opgevolg en ‘n lasbrief uitgevoer by ‘n woning in Potsolo Notyeke Crescent, Lawaaikamp.

Tydens die klopjag het die polisie ‘n boks, met die handelsmerk van ‘n koeriermaatskappy, vol Mandrax-tablette gevind.

“Die wakker lede het ook ‘n stukkende vrieskas opgemerk en toe hulle dit deursoek, het hulle op plastiek sakke vol Mandrax-tablette afgekom.

“In totaal is daar 26 000 Mandrax-tablette gekonfiskeer en ‘n 42-jarige man is gearresteer op ‘n aanklag van dwelmhandel,” het die SAPD gesê.

Die verdagte sal na verwagting sy Vrydag 7 Augustus 2026 sy eerste hofverskyning in die Thembalethu-landdroshof maak.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*