Drie verdagtes gou gearresteer, wapens gevind
Polisie red ontvoer slagoffer
MISDAADTONEEL: Eldorado Park, Gauteng: ‘n Ontvoerde slagoffer is veilig tuis nadat die polisie hom gered en sy aanvallers gearresteer het.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Eldorado Park het inligting ontvang oor ‘n 32-jarige man wat op 20 Augustus 2026 in Jeppe ontvoer is.

Volgens die SAPD het die verdagtes na bewering ‘n losprys vir sy vrylating geëis.
“Inligting is geoperasionaliseer en die verdagtes se voertuig is later by die Freedom Park informele nerdersetting opgemerk. Die polisie het die voertuig genader, en al drie verdagtes, tussen 32 en 39-jaar-oud gearresteer.
“Die slagoffer is ongedeerd gevind. Twee 9 mm-vuurwapens is teruggevind en sal aan ballistiese toetse onderwerp word om verbindtenis met ander misdade te bepaal,” het die SAPD gesê.
Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagtes van die George Goch-koshuis in Jeppe afkomstig was.
Related News
Twee sterf in Portland-skietery
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Twee mans is doodgeskiet en ‘n derde gewond in ‘n vermoedelikeRead More
Three gunned down in Portland
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Two people have been shot and killed and aRead More
