Polisie vermoed moorde is bendeverwant

Agt sterf in 3 skiet-voorvalle

MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Twee mense is Maandagoggend 24 Augustus 2026 in Klipfonteinweg, Silvertown, doodgeskiet.

Die skietery volg op ‘n drie-dubbele moord wat Sondag 23 Augustus 2026 omstreeks 21:10 in ‘n huis ook in Klipfontein-weg, Silvertown, plaasgevind het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek speurders van die Anti-bende-eenheid die omstandighede rondom die skietvoorvalle.

Lede van die Athlone SAPD het Sondagaand, 23 Augustus ‘n klag ontvang van ‘n skieterty by ‘n huis in Klipfontein-weg.

“Met hul aankoms het hulle die liggame van twee mans van 19 en 36-jaar-oud langs mekaar in die kombuis, met veelvuldige skietwonde, gevind. Hulle is op die toneel dood verklaar. ‘n Derde slagoffer van  22-jaar-oud is in die kop geskiet en na ‘n mediese fasiliteit geneem, waar hy later gesterf het.

“Athlone-polisie het drie aanklagte van moord geregistreer,” het die SAPD gesê.

Happy Valley: Maandag-oggend 24 Augustus 2026 om 01:45 het Mfuleni SAPD gereageer op ‘n skietvoorval in Marshall Crescent, Happy Valley.

“Met hul aankoms is die liggame van ‘n vrou en twee mans van tussen 20 en 25-jaar-oud in ‘n hok gevind met veelvuldige skietwonde. Al drie slagoffers is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

“Daar word geglo die voorvalle is bendeverwant en die verdagtes moet nog gearresteer word,” het die SAPD gesê.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om Stop MIsdaad te kontak op 08600 10111 of inligting anoniem deur die MySAPS-app te verskaf.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*