Polisie soek verdagtes in blou VW Polo

Leerders se drywer doodgeskiet

MISDAADTONEEL: Westbury, Gauteng: ‘n Skoolvervoer-bestuurder is doodgeskiet kort nadat hy leerders by ‘n skool afgelaai het.

Die Gauteng-polisie het ‘n klopjag van stapel gestuur na die twee verdagtes van die noodlottige skietery in Westbury, Johannesburg, wat Maandag 7 September 2026 omstreeks 08:1 plaasgevind het.

“Toe die polisie by die misdaadtoneel aankom, het hulle ‘n 53-jarige man met veelvuldige skietwonde gevind. Daar word beweer die slagoffer pas skoolkinders afgelaai en besig was om sy voertuig by ‘n woonstel in Westbury te parkeer toe twee onbekende mans hom nader en op hom losbrand. Die slagoffer is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

“Die verdagtes het in ‘n blou Volkswagen Polo van die toneel gevlug. Die motief vir die skietery is nog onbekend,” het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gesê.

Sophiatown-polisie het ‘n saak van moord geopen. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111 of inligting anoniem via die MySAPS-App verskaf.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*