Tragedie in Boxer winkel speel af voor CCTV
Man skiet drie base, steeds vry
MISDAADTONEEL: Eshowe, KwaZulu-Natal: ’n Voormalige werknemer van Boxer Stores wat drie vroulike bestuurders doodgeskiet het, is steeds op vrye voet en moet as gevaarlik beskou word, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die tragedie, wat Saterdag, 10 Oktober 2026, plaasgevind het, het gevolg op ’n dissiplinêre verhoor by die Boxer Superstore in die Atrium-winkelsentrum in Noord-KwaZulu-Natal.
Die SAPD het bevestig dat die 33-jarige verdagte, wat in die winkel se bakkery gewerk het, die drie geskeit het kort nadat hy van sy afdanking in kennis gestel is. CCTV-beeldmateriaal het na bewering gewys hoe hy die slagoffers verskeie kere skiet.
Die slagoffers is die administrasie-bestuurder, die winke-lbestuurder en die bakkery-bestuurder.
Kolonel Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê die moorde word ondersoek en ’n soektog na die verdagte is van stapel gestuur.
“Ons doen ’n beroep op enigiemand met inligting om Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak,” het hy gesê.
Boxer Stores het sy innige meegevoel met die families en kollegas van die slagoffers uitgespreek en aangekondig dat ondersteuningsdienste aan personeel beskikbaar gestel is.
Die polisie het ’n beroep op kalmte gedoen terwyl die ondersoek voortduur, en beklemtoon dat die verdagte steeds op vrye voet is en as gevaarlik beskou moet word.
Related News
Vier ANC jonges doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Katlehong, Gauteng: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n verdagte gearresteer ná ‘n skietvoorval waarinRead More
Store shooter on the run
CRIME SCENE: Eshowe, KwaZulu‑Natal: A former employee of Boxer Stores who shot and killed threeRead More
