Polisie op voetpatrollie maak verskil
Man (58) betrap met dwelms
MISDAADTONEEL: Philadelphia, Wes-Kaap: ‘n 58-jarige man het agter tralies beland nadat polisie op voetpatrollie hom betrap het terwyl hy na bewering in besit van dwelms was.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het polisiebeamptes van Philadelphia op Dinsdag, 20 Oktober 2026, patrollies in die Wolwerivier-informele nedersetting uitgevoer toe hulle ‘n man wat verdag voorgekom het, opmerk.
“Hulle het hom gestop en deursoek, waartydens hulle 95 Mandrax-tablette, 100 sakkies Tik en kontant in sy besit gevind het. Die verdagte is gearresteer en word by die Philadelphia-polisiestasie aangehou op aanklag van dwelmhandel,” het die SAPD gesê.
Related News
Kinders gewond in skietery
MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Drie jongmense is gewond tydens ‘n skietery vanuit ‘n voertuig buite ‘nRead More
Drive-by shots hit kids
CRIME SCENE: Heideveld, Cape Town: Three young people have been wounded in a drive-by shootingRead More
