Drie verdagtes vas
Vuurwapens verwyder
MISDAADTONEL: Kleinvlei, Kaapstad. - Drie verdagtes van onderskeidelik 39, 37 en 21- jaar-oud is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige vuurwapens en dwelms.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die drie op Woensdag, 11 Februarie 2026 tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie gevang.
Die SAPD sê in 'n verklaring lede van die Anti-Ekonomiese Misdaadtaak en lede van die tak teen Vervalsing en Onwettige Goedere het die operasie in Kleinvlei en Eersterivier uitgevoer waar hulle geïdentifiseerde persele deursoek het.
Tydens die operasie het die polisie beslag gelê op twee verbode 9mm-pistole met ammunisie en 100 mandrax-tablette by verskillende adresse.
Die verdagtes sal na verwagting in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

« Two guns off our streets (Previous News)
(Next News) Cops nab shooting suspects »
Related News
Staat vat dwelm-voertuig
IN DIE HOF: Die Kaapstadse Hooggeregshof het ‘n finale batebeslagleggingsbevel aan die Valke en dieRead More
Drug vehicle seized
IN COURT: The Cape Town High Court has granted the Hawks’ Priority Crime Specialised InvestigationRead More
