Polisie kry onwettige vuurwapens en ammunisie
Drie blitsvinnig in boeie
MISDAADTONEEL: Hanover Park en Mitchells Plain, Kaapstad. – Drie mans is agter tralies en drie onwettige vuurwapens is van ons strate verwyder na vinnige optrede deur die Maitland blitspatrollie.

Op Maandag 16 Februarie 2026 omstreeks 8nm het die cops hul blou ligte en sirenes geaktiveer toe hulle na ’n skietvoorval in Hanover Park otnbied is.
Volgens ’n polisieverklaring het die span ’n beskrywing van ’n voertuig wat met die skietvoorval verbind was, ontvang en dit opgevolg. Omstreeks 10nm dieselfde aand het die lede die silwer VW Jetta by ’n plek in Lentegeur opgemerk.
Hulle het die voertuig, met drie manlike insittendes, genader en ’n deeglike soektog uitgevoer. Drie vuurwapens, waarvan twee nie reeksnommers gehad het nie, is in die motor gevind. Die cops het ook 107 rondtes ammunisie gevind. Die verdagtes is gearresteer vir besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, en besit van verbode vuurwapens en ammunisie.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van18 en 31 jaar, sal in die Mitchells Plain verskyn.
NOG MISDAADTONELE: Daar was ook verslae van skietvoorvalle in Vrygrond, Valhalla Park en Wesbank op 17 Februarie 2026.
Related News
Cops nab shooting suspects
CRIME SCENE: Hanover Park and Mitchells Plain, Cape Town. – Three suspected criminals are behindRead More
Vuurwapens verwyder
MISDAADTONEL: Kleinvlei, Kaapstad. – Drie verdagtes van onderskeidelik 39, 37 en 21- jaar-oud is inRead More
