Dood in drein gevind

Baba se tragiese einde

MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: Die storie van ‘n vermiste pasgebore babadogtertjie het tot ‘n tragiese einde gekom.

Die polisie het bevestig die baba se liggaampie is Sondagmiddag 3 Mei 2026 omstreeks 14:00 in ‘n stormwaterdrein op die hoek van Tweede-laan en Antelope-straat, Lotusrivier, ontdek.

Volgens berigte het die 31-jarige ma Saterdag 2 Mei 2026 by Retreat daghospitaal se kraameenheid geboorte gegee. Die baba is Saterdag laas gesien terwyl sy saam met die ma in ‘n taxi vanaf Retreat na Lotusrivier gereis het.

Die twee is na bewering saam op die hoek van Buckweg en Vierde-laan, Lotusrivier afgelaai, maar die ma het allleen by die huis opgedaag.

Die ma is Saterdag gearresteer en bly in aanhouding. Die ondersoek duur voort.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*