Man (50) sterf, 5-jarige kind gewond
Vier in massa-skietvoorval getref
MISDAADTONEEL: Wallacedene, Kaapstad: In nog ‘n massa-skietvoorval in die Wes-Kaap, is vier mense Woensdagaand, 20 Mei 2026, in ‘n huis geskiet.

Een man is dood en drie ander, insluitend ‘n vyfjarige kind, is gewond tydens die voorval wat omstreeks 19:35 in Mfekethostraat, Wallacedene, plaasgevind het.
Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, is ‘n ondersoek geloods na die skietery waarin ‘n 50-jarige man gesterf het en ‘n 30-jarige man, ‘n 25-jarige vrou en ‘n vyfjarige kind gewond is.
“Kraaifontein-polisie is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die slagoffers met skietwonde aan hul liggame gevind het. Die 50-jarige is op die toneel dood verklaar, terwyl die ander drie in ‘n privaat voertuig na ‘n hospitaal vervoer is.
“Volgens berigte het twee onbekende verdagtes die perseel binnegegaan en op die slagoffers losgebrand voordat hulle van die toneel gevlug het. Die motief vir die aanval vorm deel van die polisie-ondersoek.
“Moord- en poging tot moordsake is geregistreer,” het Twigg gesê.
Enigiemand met enige inligting oor die voorval kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.
Related News
Vermoorde se liggaam in bos gevind
MISDAADTONEEL: Atlantis, Kaapstad: ‘n Jongman is brutal vermoor toe hy in die gesig geskiet enRead More
Man’s body found in bush
CRIME SCENE: Atlantis, Cape Town: A 21-year-old man has been shot in his face andRead More
