Drie-punt plan word geaktiveer
Polisie kom vir dié wat agter geweld sit
JONGSTE! – Die Mosselbaai-polisie het twee verdagtes van 19- en 26-jaar-oud gearresteer vir die moord op die 27-jarige Mosambiekse burger, Tomas Chunguane, wat op 30 Mei 2026 in KwaNonqaba aangerand en gesteek is.
Die arrstasies het in die vroeë oggendure van Dinsdag, 9 Junie 2026, plaasgevind. Die verdagtes sal na verwagting Donderdag, 11 Junie 2026, in die Mosselbaaise-landdroshof verskyn.
Intussen het ‘n 30-jarige verdagte, wat vermoedelik die leier is van die groep wat die geweld aangehits en daartoe gelei het dat ongeveer 50 plakkershutte uitgebrand is, Maandag, 8 Junie 2026, in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding en sal weer op 22 Junie 2026 verskyn vir ‘n borgtogaansoek. Hy is aangekla van aanhitsing tot openbare geweld.
Ondersoeke na die moord op nog ‘n Mosambiekse burger, die 43-jarige Danilo Muianga, ook op 30 Mei 2026 in KwaNonqaba, duur voort. Nog arrestasies word binnekort verwag, het die polisie gesê.
MISDAADTONEEL: Mosselbaai, Suid-Kaap: Die groot koppe van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het mense wat “agter sosiale mediaplatforms, anonieme boodskap-groepe of gemeenskapsvergaderings wegkruip om geweld aan te hits”, gewaarsku om hul doen en late te stop of daar sal gevolge wees.

Die waarnemende Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), luitenant-generaal Puleng Dimpane, het Woensdag 3 Junie 2026 saam met die voorsitter van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur (NATJOINTS), luitenant-generaal Tebello Mosikili, ‘n mediakonferensie in George, Wes-Kaap gehou oor geweld in die land.
Die afvaardiging is vergesel deur die Provinsiale Kommissaris van die Wes-Kaap, luitenant-generaal Thembisile Patekile, en die waarnemende Adjunk-Nasionale Kommissaris vir Misdaadopsporing, luitenant-generaal Khosi Senthumule.
Die afvaardiging het intervensies uiteengesit om wet en orde te herstel en te handhaaf, sowel as maatreëls wat daarop gemik is om die veiligheid en sekuriteit van alle inwoners regoor die land te verseker
NATJOINTS het ‘n omvattende operasionele plan geaktiveer wat die SAPD, staatsveiligheidsagentskap, metropolisiedepartemente, verkeerswetstoepassing, binnelandse sake, korrektiewe dienste, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en ander regeringsdepartemente insluit.
Die operasionele plan het drie sleutel bene:
● Meer sigbaarheid en vinnige ontplooiingsvermoëns: Wetstoepassingsbeamptes is in brandpunte en strategiese gebiede regoor die land ontplooi. Bykomende openbare orde-polisiëringsbronne bly op bystand om vinnig te reageer op enige voorvalle wat openbare veiligheid en stabiliteit bedreig.
● Intelligensie-begeleide operasies: Intelligensiestrukture versamel en ontleed voortdurend inligting om bedreigings te identifiseer, beplande geweldsdade op te spoor en proaktiewe intervensies te ondersteun voordat die misdaad gepleeg word. Diegene wat glo hulle agter sosiale media platforms, anonieme boodskap-groepe of gemeenskap vergaderings kan wegkruip om geweld aan te hits, moet weet dat wetstoepassingsagentskappe aktief kriminele gedrag monitor en op sal tree as daar genoegsame bewyse is.
● Geteikende operasies teen misdaad: Gesamentlike operasies word uitgevoer om kriminaliteit aan te spreek wat onder die dekmantel van gemeenskapsveiligheid gepleeg word. Dit sluit in operasies om gesoekte verdagtes te arresteer, onwettige vuurwapens te konfiskeer, dwelmsmokkelary in die hok te slaan, afpersing netwerke te ontwrig en onwettige persone deur middel van wettige immigrasie prosesse te hanteer.
Related News
Onheilige rowers vas
MISDAADTONEEL: Samora Machel, Kaapstad: Die polisie het ‘n deurbraak gemaak in die Samora kerk-roof toeRead More
Five behind bars for church robbery
CRIME SCENE: Samora Machel, Cape Town: The police made a breakthrough in the Samora-church robberyRead More
