Slagoffer was eers beskuldigde in dwelm-saak

Staatsgetuie sterf in koeëlreën

MISDAADTONEEL: Kensington, Kaapstad: ‘n Man wat Woensdag 17 Junie 2026 in ‘n koeëlreën in Kensington gesterf het, was ‘n staatsgetuie in ‘n dwelm-saak.

Die 37-jarige was eers ‘n medebeskuldigde in ‘n saak  waar die polisie op dwelms ter waarde van R18-miljoen beslag gelê het voordat hy skaars twee weke gelede staatsgetuie gedraai het.

‘n Media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kaptein FC Van Wyk, het gesê Kensington Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag 17 Junie om 15:50 by ‘n perseel in First-straat op ‘n skietvoorval gereageer.

“Die slagoffer was buite die perseel toe ‘n goudkleurige voertuig verby ry. Dieselfde voertuig het later na die genoemde adres teruggekeer, en twee onbekende mans het uit die voertuig geklim, gewapen met vuurwapens,” het Van Wyk gesê.

Die slagoffer is verskeie kere geskiet terwyl hy probeer het om van sy aanvallers weg te hardloop.

“Hy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar,” het Van Wyk gesê.

Die polisie sê die motief vir die skietery is deel van ‘n voortgesette ondersoek. Enigiemand met inligting oor die voorval kan Crime Stop by 08600 10111 kontak.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*