Polisie soek publiek se hulp
Vrou in straat doodgeskiet
MISDAADTONEEL: Kraaifontein, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n beroep op getuies gedoen om na vore te kom nadat ‘n vrou Donderdagoggend, 25 Junie 2026 hier doodgeskiet is.

Volgens konstabel Ndakhe Gwala van die Wes-Kaapse polisie se mediakantoor is ‘n saak van moord geopen gemaak nadat ‘n 35-jarige vrou op die hoek van Boesak- en Botfonteinweg, Kraaifontein doodgeskiet is.
“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Gwala gesê.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan Crime Stop anoniem kontak by 08600 10111.
Related News
15 years in jail over cigarette money
FROM THE COURTS: A murderer, who stabbed his victim over cigarette money, has been sentencedRead More
Two arrested in same street for guns
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Two men have been arrested in the same streetRead More
