Man gesels met slagoffer, toe skiet hy
Vrou voor toilette vermoor
MISDAADTONEEL: Woodstock, Kaapstad: ‘n Jong vrou is Saterdagoggend, 27 Junie 2026 voor publieke toilette hier doodgeskiet.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, het die voorval omstreeks 07:00 in Aberdeen-straat plaasgevind.
“Die oorledene het voor publieke toilette gestaan toe ‘n onbekende man na haar toe gestap en ‘n paar minute met haar gesels het. Die man het toe ‘n vuurwapen uitgehaal en haar in die gesig geskiet.
“Hy het daarna in die rigting van Victoria-weg gehardloop en in ‘n minibus geklim. Die 31-jarige vrou is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
“Die motief vir die aanval word ondersoek en geen arrestasies is in hierdie stadium gemaak nie,” het konstabel Gwala gesê.
Related News
Vier vas na ontvoer-drama
MISDAADTONEEL: Retreat, Kaapstad: ‘n Ontvoeringsdrama het hom op Vrydag 26 Junie 2026 in Retreat afgespeelRead More
Four arrested in kidnap drama
CRIME SCENE: Retreat, Cape Town: A kidnapping drama played itself out in Retreat on Friday,Read More
