Geen voorvalle vroegoggend nie
Besighede gedreig oor uitlanders
Die Stad Kaapstad se ramp-koördineringspan het teen 7:30 Dinsdagoggend 30 Junie 2026, nog geen verslae ontvang van voorvalle wat verband hou met 30 Junie-betogings nie.

Volgens die Stad is personeel is regoor die metropool ontplooi om te reageer op enige voorvalle wat verband hou met xenofobiese geweld.
Die Stad sê daar was wel onbevestigde berigte van twee beplande optogte in die middestad, maar hy het nog geen aansoeke daarvoor ontvang nie. Die Stads en die SAPD monitor aktiwiteite in die middestad.
“Ons het ook bewus geword van voorvalle waar individue blykbaar besighede gedreig het wat buitelandse burgers in diens het. Ons moedig sake-eienaars of enigiemand wat op hierdie manier gedreig word aan om dit by die SAPD aan te meld sodat dit ondersoek kan word.
“Die publiek word ook daaraan herinner om enige voorvalle by die Stad se openbare noodkommunikasiesentrum by 021 480 7700 aan te meld.
Related News
Seun (16) vas oor seks netwerke
MISDAADTONEEL: Malmesbury, Wes-Kaap: ‘n 16-jarige seun is gearresteer omdat hy an bewering verbind word aanRead More
Gunman dies after day-long shootout
CRIME SCENE: Robertson, Western Cape: A day long stand-off between police in and a gunmanRead More
