Man met onwettige pistool betrap
Polisie vang verdagte vinnig
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Man wat laat spat het toe die polisie skielik te voorskyn kom, het sy rieme lelik styf geloop toe hy met ‘n onwettige vuurwapen gevang is.

Lede van die Lentegeur polisie was Woensdagoggend, 1 Julie 2026 in Woodlands besig met patrollies om bendegeweld te bestry toe hulle ‘n man sien wat die pad oorsteek. Toe hy die polisie gewaar, het hy skielik begin hardloop.
Die polisie het hom agternagesit en ingehaal. Hy is deursoek en ‘n 9 mm-pistool sonder ‘n reeksnommer en 15 rondtes ammunisie is in sy besit gevind. Hy is op die toneel gearresteer.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormaligeRead More
