Klomp Tik, kokaïen in huis gevind
Prosper vang 2 vir dwelms
MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n 48-jarige man gearresteer nadat verskeie soort dwelms by sy huis gevind is.

Volgens die polisie het lede van Operasie Prosper inligting oor dwelms by ‘n perseel in Khanya Crescent, Station Park, Woensdagoggend 1 Julie 2026 opgevolg.
Die lede het die plek deursoek en 17,25g Tik, 55,23g kokaïen en 3,45 gram rock in die huis gevind.
Heinz Park: In ‘n aparte voorval het lede van Operasie Prosper stop-en-deursoek-operasies in Daffodilstraat, Heinz Park, uitgevoer toe hulle ‘n man met 21 pakkies Tik en ‘n onbekende bedrag kontant in sy besit gevind het. Die 22-jarige verdagte is gearresteer vir die besit van dwelms.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormaligeRead More
