Slagoffer verskeie kere geskiet
Vrou op straat vermoor
MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n Vrou is Dinsdagaand, 30 Junie 2026 in Delft-Suid doodgeskiet terwyl sy geloop het.

Die polisie sê die 37-jarige vrou het omstreeks 20:30 in Geelmelkhout-straat gestap toe onbekende verdagtes haar nader en op haar begin skiet voordat hulle van die toneel gevlug het.
‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, sê die polisie is na die toneel ontbied en met hul aankoms het hulle die slagoffer met skietwonde aan haar liggaam gevind.
“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Delft-speurders ondersoek ‘n moordsaak,” het Twigg gesê.
Enigiemand met enige inligting oor die voorval kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.
Related News
Thieves pinch church bell
CRIME SCENE: Bethelsdorp, Eastern Cape: Unholy thieves have made off with a solid copper churchRead More
Munisipale top bestuur agter tralies
Jongste! Die Knysna-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig dat twee senior amptenare en ‘n voormaligeRead More
