Polisie kry ook 3 rondtes ammunisie op hom

Ou tronk toe vir halwe Mandrax

MISDAADTONEEL: Elsiesrivier, Kaapstad: Die polisie het Woensdag, 1 Julie 2026 twee mans wat onwettige items op hulle gehad het gearresteer.

Woensdag 1 Julie 2026 het die polisie tydens intelligensie-gedrewe operasies inligting opgevolg oor ‘n man wat rondloop, moontlik met ‘n vuurwapen in sy besit. Toe hulle die 37-jarige verdagte in 35ste Straat, Elsiesrivier, vind, het hulle hom deursoek en drie rondtes ammunisie en ‘n halwe Mandrax-tablet in sy sakke gevind.

Bishop Lavis: In ‘n aparte voorval, omstreeks 20:25 op Woensdag 1 Julie 2026, het die polisie ‘n 31-jarige man gearresteer vir die besit van ‘n ongwettige vuurwapen en ammunisie nadat hulle ‘n 9 mm-pistool en 11 rondtes ammunisie by sy woning in Davids-straat gevind het.



« (Previous News)



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*