Skieter vlug vinnig van die toneel

Twee uit motor doodgeskiet

MISDAADTONEEL: Heideveld, Kaapstad: Twee mans is in die vroeë oggendure van Saterdagoggend, 4 Julie 2026, doodgeskiet.

Foto word slegs vir illustrasie doeleindes gebruik.

Volgens die polisie word beweer die twee mans het omstreeks 3:00 in Ascession-weg, Heideveld, geloop toe ‘n onbekende motorvoertuig na hulle toe gery het. Die voertuig het stilgehou en verskeie skote is vanuit die voertuig op die slagoffers afgevuur.

Albei is in die lyf getref en hulle is op die toneel dood. Die voertuig het van die toneel gesnel. Sewe gebruikte patrone is op die toneel gevind en twee moordsake is geopen.

Mense met inligting kan die Manenberg-polisie kontak by 021-6999400 of Stop Misdaad by 0860010111.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*