Motor in vlamme ná botsing met taxi
Man brand in ongeluk
ONGELUKSTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Man is Dinsdagmiddag, 7 Julie 2026 tragies dood in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n motorvoertuig by die kruising van Highlands Rylaan en Weltevreden Parkway in Colorado Park.

Die botsing het omstreeks 14:00 plaasgevind en die motor het onmiddellik aan die brand geslaan terwyl die bestuurder nog binne was. Daar is berig dat omstanders probeer het om die bestuurder van die motor te help, maar die vlamme was veels te warm. Die bestuurder is op die toneel van die ongeluk dood.
Die taxibestuurder is beseer en saam met ‘n beseerde meisie hospitaal toe geneem.
Related News
Driver burns in crash
ACCIDENT SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: A man died on Tuesday afternoon, 7 July 2026Read More
Valke arresteer Zakah-direkteure
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Die Valke se eenhede vir misdade teen die Staat (CATS) enRead More
