Studiegeld na bewering vir reiskostes gebruik

Valke arresteer Zakah-direkteure

JONGSTE!! Siraaj Miller (48) en sy vrou, Shamira Miller (41), het Woensdag 8 Julie 2026 in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog. Siraaj is op borgtog van R3000 vrygelaat ​​en Shamira R1000. Hulle saak is uitgestel tot 27 Julie 2026 vir ‘n prokureur- en streekhofdatum.

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: Die Valke se eenhede vir misdade teen die Staat (CATS) en nasionale prioriteitsgeweld-misdaad (NPVC), in samewerking met Lentegeur sigabare polisiëring-lede , het twee verdagtes van 48 en 41-jaar-oud op Dinsdag, 7 Julie 2026 vir bedrog gearesteer.

Volgens die Valke het die Suid-Afrikaanse Zakah-Fonds gedurende 2018 en 2020 ‘n aansoek van die twee verdagtes ontvang vir finansiële bystand om Islamitiese studies en Koran-memorisering vir minderbevoorregte jeug te doen.

Albei verdagtes was geregistreer as direkteure van die Suid-Afrikaanse Zakah-Fonds en het daarna ‘n bedrag van R171 350 ter ondersteuning van die minderbevoorregte jeug ontvang.

Daar word egter beweer dat die verdagtes die fondse vir reiskoste gebruik het. Hulle verskyn op Woensdag 8 Julie 2026 in die Kaapstadse landdroshof.



« (Previous News)
(Next News) »



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*