Verdagte in arres vir afpersing, wapens

Vrou (22) vas oor klomp dwelms

MISDAADTONEEL: Belhar, Kaapstad: Die polisie het ‘n 22-vrou hier gearresteer vir die besit van ‘n klomp Tik en Mandrax tablette.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het hulle ‘n huis in Avon Close, Belhar dopgehou nadat Misdaadintelligensie inligting oor onwettige aktiwiteite daar ontvang het.

Die polisie is op 15 Julie 2026 na die huis waar hulle ‘n 22-jarige vrou gevind het.

“Lede het die perseel deursoek. In een van die agterkamers het hulle ‘n swart inkopiesak met 120 sakkies Tik en 64 Mandrax-tablette gevind. Lede het op die dwelms beslag gelê en die vrou gearresteer,” het die SAPD gesê.

Langa: ‘n Vermeende afperser is gearresteer nadat hy na bewering spaza-winkel eienaar gedwing het hom geld aan hom te betaal.

Volgens die SAPD is die man gearresteer ná ‘n gesamentlike operasie tussen lede van Operasie Lockdown 3, Misdaadintelligensie en die Drone eenheid.

“Inligting is Dinsdag 14 Julie 2026 ontvang oor ‘n 21-jarige verdagte wat in Winnie Mandela-rylaan, Langa, woon en na bewering geaffilieer is aan ‘n berugte afpers-bende. Daar was ook vertel hy is in besit van vuurwapens.

“Die verdagte se bewegings is gemonitor terwyl hy in Langa rondgery om na bewering afpers-geld by spaza-winkels in te samel. Op Woensdag 15 Julie 2026, omstreeks 22:00, het die span op sy plek toegeslaan en die perseel deursoek. Hulle het twee pistole sonder reeksnommers en nege rondtes ammunisie teruggevind.

“Die verdagte is gearresteer vir die besit van verbode vuurwapens,” het die SAPD gesê.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*